Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 567 513 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 744 persone positief getoets.
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 21 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 53 757.
Daar is ook 1 490 876 persone wat van die virus genees is.



