Ian Wessels (60), bekende RSG-aanbieder, komediant en motiveringspreker, het sy lang stryd met kanker verloor.
Hy was bekend vir die program Regsake en ook sy inbelprogram, Loslip. Wessels het jare gelede as staatsaanklaer gewerk voordat hy by RSG aangesluit het.
Wessels word oorleef deur sy vrou Liesl.
Talle huldeblyke stroomop sosiale media vir Wessels in.
LEES OOK: Buddy snuffel 56 verdagtes en dwelms ter waarde van R31 716 500 uit



