INDIË. – Beeldmateriaal wys die oomblik toe ’n Indiese spoorwegwerker ’n kind, wat op ’n treinspoor geval het, red net voordat ‘n trein hom sou tref.
LEES OOK: Buddy snuffel 56 verdagtes en dwelms ter waarde van R31 716 500 uit
CNN berig die CCTV-video, wat deur die Indiese ministerie van spoorweë op Twitter geplaas is, het gewys hoe ’n stasiewerker by die Vangani-stasie in Mumbai hardloop om ’n kind van ’n aankomende trein te red.
Die werker lig die kind net betyds op die platform oomblikke voordat die trein verbysnel.
LEES OOK: Moordverdagte kry R1 000 borg
Kyk die video hier:



