Man wat glo Tafelberg-brand begin, in hof

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die man wat in hegtenis geneem is op aanklag van brandstigting van die Tafelberg-brande, het vandag in die hof in Kaapstad verskyn.

Die 35-jarige Frederick Mhangazo is Sondagaand deur buurtwaglede en wetstoepassers in die area voorgekeer.

News24 berig daar is glo twee ander mense saam met Mhangazo gesien, maar hulle kon die polisie ontduik.

Lees ook: Tafelberg-brande: ‘Dis pynlik om te sien’

Sy pro bono prokureur, Shaun Balram, het in die hof aangevoer Mhangazo het geen vorige oortredings nie en hou vol dat hy verkeerdelik aangekla word.

Mhangazo woon in ‘n plastiekhuisie aan die onderkant van die berg en het glo in 2013 op ‘n 30-dag-permit in Suid-Afrika aangekom. Hy het aansoek gedoen vir ‘n visum om inligtingstegnologie aan die Universiteit van Kaapstad te studeer, maar het dit nie ontvang nie.

Die saak is tot 28 April uitgestel.