Tafelberg-brande: ‘Dis pynlik om te sien’

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het Maandag saam met Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, die Universiteit van Kaapstad besoek waar die brand wat nou al vir drie dae woed, onder andere die universiteit se Jagger-biblioteek vernietig het.

Die brand het Sondagoggend glo langs die Philip Kgosana-rylaan uitgebreek en na die hange van Tafelberg versprei.

https://www.facebook.com/watch/?v=804635203815852

Prof. Mamogethi Phakeng, UK vise-kanselier, het gesê dis pynlik om te sien hoe dit nou by die universiteit lyk en dat baie van dit wat die universiteit in die brand verloor het, dinge is wat nie vervang kan word nie.

Verder het Winde gesê hy bedank al die brandweermanne en lede van die gemeenskap wat in die afgelope drie dae saam teen die brande geveg het.