NOORD-KAAP. – ‘n Vrou is dood toe die bestuurder van ‘n bakkie waarin sy op reis was, na bewering op die N10 as gevolg van ‘n swerm sprinkane beheer oor die voertuig verloor het.
OFM berig Zandisile Lupahla van die departement van landbou sê hulle werk hard daaraan om die plaag onder beheer te bring. Die vermoede is dat die sprinkane vanuit Namibië die Noord-Kaap binnekom.
Motoriste gewaarsku oor swerms sprinkane
Sers. Omphile Magela, polisiewoordvoerder, sê die bakkie het vermoedelik op die sprinkane gegly, waarna dit gerol het. Die vrou is op die toneel dood verklaar.
Motoriste wat die N10 moet gebruik, word versoek om ekstra versigtig te wees en stadig te ry omdat die sprinkane die pad baie glad maak.
LEES OOK: Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek
LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



