DA vra vir ondersoek na maaiers glo in pasiënt se been gevind is

Pasiënt met maaiers in die been is nie al een wat in die steek gelaat is nie.

Die Demokratiese Alliansie het die saak van 'n pasiënt, wat ontslaan was met maaiers in haar bene, na die provinsie se gesondheidsombudsman gestuur vir ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie het die saak van 'n pasiënt, wat ontslaan was met maaiers in haar bene, na die provinsie se gesondheidsombudsman gestuur vir ondersoek. (Foto: Spectra contract flooring)

KWAZULU-NATAL. – Die Demokratiese Alliansie het die saak van ‘n pasiënt, wat vermoedelik met maaiers in ‘n wond aan haar been ontslaan is, na die provinsie se gesondheidsombudsman gestuur vir ‘n ondersoek.

Volgens The South African het dr. Rishigen Viranna, die DA-woordvoerder, gesê die voorval het na bewering onlangs in die Osindisweni-hospitaal plaasgevind. Die pasiënt is oorspronklik op 27 Maart opgeneem. “Dit nadat die pasiënt met sellulitis en beenwonde opgeneem is as gevolg van chroniese osteoartritis en swelling,” het Viranna gesê.

“In plaas daarvan om behoorlike behandeling en wondversorging by die fasiliteit te kry, was haar wond besmet met lewende maaiers teen die tyd dat sy ontslaan is,” het Viranna gesê.

Pasiënt met maaiers in been nie al een wat in steek gelaat is nie

Viranna sê ook dit is algemeen bekend dat Kwazulu-Natal se openbare hospitale chronies onderbeman is. Dit word bewys deur die talle gevalle van swak pasiëntsorg.

“LUR Nomagugu Simelane-Zulu en haar departement kan nie aanhou skuil agter hierdie verskonings nie. Die vul van alle poste vir gesondheidsorgwerknemers is noodsaaklik. Die LUR, premier Sihle Zikalala en die provinsiale tesourie moet veg vir ekstra fondse. Op kort termyn moet die departement volgens hul eie beleid gebruik maak van gewillige mediese vrywilligers om die leemtes te vul en behoorlike pasiëntesorg te verseker, ”het Viranna gesê.

Viranna het bygevoeg dat die DA besig is om sy eie toesiginspeksie in die Osindisweni-hospitaal te reël.

Lees ook: 10-Jarige dowe hond leer ‘gebaretaal’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: