Hilary Duff het onlangs in ‘n onderhoud verduideik waarom sy wou hê haar seun Luca (9) moes by wees toe sy in Maart geboorte aan sy sussie gegee het.
”Dit was belangrik vir my dat Luca ook in die kamer is tydens die geboorte omdat ek glo daarin om altyd oop en eerlik te wees. Ek is eerlik met hom oor hoe sterk vrouens is om deur geboorte te gaan asook wat geboorte alles behels,” sê Duff in ‘n podcast.
Duff vertel verder haar seun weet alles wat hy moet weet van die vroulike liggaam. Sy sê Luca het net-net te laat by die kamer ingestap, sy sussie was toe reeds gebore.
LEES OOK: Botox-nagmerrie – dit kos net een inspuiting in die verkeerde plek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



