Rooi Kruis se eerste hartoorplanting in 13 j.

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die 13-jarige Parusia Muhigirwa se lewe het onherroeplik verander toe sy die eerste pasiënt in 13 jaar geword het wat by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad ‘n hartoorplanting kon kry.

‘n Span van die Rooi Kruis-hospitaal en die Groote Schuur-hospitaal het die operasie in Februarie vanjaar gedoen. Muhigirwa herstel baie goed en het besluit sy wil aan die wêreld teruggee deur eendag ‘n dokter te word.

Lees ook: Tik, pille dalk oorsaak van baas sn werknemers se dood

Die hospitaal het in ‘n verklaring gesê daar is baie redes waarom kinders van alle ouderdomme hartversaking ervaar. Die algemeenste rede hiervoor is verswakking van die hartspiere, wat kardiomiopatie genoem word.

Volgens professor Liesl Zühlke, pediatriese kardioloog by die Rooi Kruis-hospitaal, word sommige kinders daarmee gebore en is die enigste opsie ‘n hartoorplanting.

Sy sê verder kinders word lank voorberei op die lewe na ‘n hartoorplanting.

Lees ook: Foto’s: Prins Philip se begrafnis