September 24, 2021

Vrou opgeneem na hospitaal glo weier om haar te help

Sy is tans in die hospitaal opgeneem vir toetse en verdere behandeling.

Vrou opgeneem na hospitaal glo weier om haar te help

Vrou opgeneem na hospitaal glo weier om haar te help Foto: Verskaf

WARRENTON. – Christelle de Beer (44), ’n diabeet, wat al vir vyf weke met ’n abses in haar kakebeen sukkel, is in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley opgeneem na ’n berig wat FiND iT geplaas het en navraag wat aan die departement van gesondheid gerig is.

FiND iT het gister berig ’n dokter by Warrenton-hospitaal het glo Vrydag net Tramadol, ‘n middel vir pyn, in Christelle se hand gestop en haar huis toe gestuur.

Lees die vorige berig hier.

Opgeneem

Christelle het vanoggend aan FiND iT bevestig na die navraag het die departement van gesondheid vinnig reëlings begin tref. Sy is tans in die hospitaal opgeneem vir toetse en verdere behandeling.

Sy sal FiND iT op hoogte hou hoe die proses vorder.

LEES OOK: Man gryp glo seun en hardloop weg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *