Kelnerin ontvang R1 400 van bruid na sy sous op skoonma mors

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou wat voorheen by geleenthede soos troues ‘n kelnerin was, vertel sy het eenkeer ‘n fooitjie van £ 55 (R1 4000) van ‘n bruid ontvang nadat sy per ongeluk sous op die bruid se skoonma se wit uitrusting gemors het.

Die TikTokker, @chloe_beeee, sê sy was altyd lomp en as kelnerin het sy altyd goed laat val.

Kelnerin mors op skoonma se wit rok

By haar eerste troue het sy toe per ongeluk ‘n bakkie warm sous oor die bruidegom se moeder laat val. In plaas daarvan dat die bruid woedend vir haar was omdat sy haar groot dag opgemors het, het sy haar bedank.

“Die bruid kom toe na my toe, skud my hand en bedank my. Sy het gesê ‘my skoonma moes op my troudag nie wit dra nie’, en toe gee sy my ‘n fooitjie van R1 400 (£ 55),” vertel @chloe_beeee in ‘n video.

Die video het omtrent kommentaar uitgelok. “Ek sal jou definitief as ‘n kelnerin huur,” lui een kommentaar. “Is jy seker die bruid het die fooitjie na die ongeluk gegee en nie voor die ongeluk nie?” vra ‘n ander een.

LEES OOK: Vrou gesoek vir beweerde bedrog

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.