KWAZULU-ZULU. – ‘n Pastoor van hier is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n jong vrou twee keer op verskillende geleenthede verkrag het.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde was ‘n geestelike voog vir die 19-jarige slagoffer en het haar verkrag terwyl sy in 2018 in sy huis in Nqutu was. Daarna het hy die slagoffer opdrag gegee om niemand van die voorval te vertel nie, omdat dit sy reputasie as pastoor sou vernietig.
Pastoor moes vir haar bid
Volgens Gwala was die slagoffer getraumatiseer en het niemand daarvan vertel het. Sy het steeds aangehou kerk toe gaan.
Tydens ‘n tweede voorval is ‘n opdrag aan die pastoor gegee om vir haar te bid omdat sy nie wel gevoel het nie. Hy het haar toe weer verkrag.
Na dié boorval het sy alles aan haar familie vertel. ‘n Saak is dadelik by die polisie aanhangig gemaak. Na vele hofverskynings is hy in die Ulundi-streekshof skuldig bevind en gevonnis.
LEES OOK: Kubaanse ‘geneser’: ‘Halwe bottel rum per week sal Covid-19 keer’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



