Soektog na verdagtes uit aanhouding ontsnap

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – Die polisie in Mpumalanga is op ’n soektog nadat drie verdagtes op 19 April 2021 by die Volksrust-landdroshof uit aanhouding ontsnap het. Aanvanklik het vier verdagtes ontsnap, maar een verdagte is opgespoor en weer in hegtenis geneem.

Die verdagtes is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering by ’n gewapende roof betrokke was.

LEES OOK: Man gryp glo seun en hardloop weg

Ontsnap tydens onderonsie

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê ’n gestoei het uitgebreek toe die polisie verdagtes uit die vangwa by die hof gelaai het. “Vier verdagtes het ontsnap en ’n soektog het onmiddellik begin. Een verdagte is later opgemerk en weer in hegtenis geneem. Die verdagte het probeer om ’n lid se dienswapen af te neem en is in die proses raakgeskiet.”

Die verdagte herstel tans in die hospitaal.

Polisie soek verdagtes

Die ander drie verdagtes, die 34-jarige Jima Dube, Sandile Gasa, 42 jaar oud, asook die 28-jarige Emmanuel Sibanda is steeds op vrye voet en die polisie versoek lede van die publiek om hulle nie te nader nie omdat hulle as gevaarlik beskou word.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hulself bevind, kan Volksrust-polisie by 0177359913 skakel.

LEES OOK: iPhone wenk van die dag