Weet jy as ouer waarna jou kind op TikTok kyk? Het jy geweet TikTok versamel data soos telefoonnommers, video’s, presiese ligging en biometriese data van jou kinders terwyl hulle aanlyn is? Weet jy wat word met daardie inligting gedoen?
LEES OOK: Vrou opgeneem na hospitaal glo weier om haar te help
Ouderdomsbeperking
Alhoewel TikTok,’n gewilde videodeel-platform, ’n ouderdomsbeperking van 13 het, het ’n studie aan die lig gebring dat 44% van agt tot 12-jariges TikTok gebruik.
TikTok word gedagvaar
TikTok word nou glo vir miljarde gedagvaar weens die gebruik van kinderdata. Anne Longfield, voormalige kinderkommissaris vir Engeland, wil TikTik dagvaar omdat dit kinders se data versamel en gebruik.
As dit suksesvol is, kan duisende ponde aan die betrokke kinders geskuld word.
Wat word van inligting?
Volgens BBC sal advokate aanvoer dat TikTok kinders se persoonlike inligting, insluitend telefoonnommers, video’s, presiese ligging en biometriese data, neem sonder voldoende waarskuwing, deursigtigheid of die nodige toestemming wat deur die wet vereis word, en sonder dat kinders of ouers weet wat met die inligting gedoen word.
TikTok gaan saak teenstaan
In reaksie hierop het TikTok gesê: “Privaatheid en veiligheid is die topprioriteit vir TikTok en ons het robuuste beleide, prosesse en tegnologie om alle gebruikers, en veral ons tienergebruikers, te beskerm. Ons glo dat die eise nie verdienstelik is nie en is van plan om die aksie kragdadig te verdedig.”
LEES OOK: Man gryp glo seun en hardloop weg



