Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Pa van Bonnievale, Ashwynne Kortjie (22), is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy erken het dat hy sy vier maande oue dogtertjie doodgeslaan het omdat sy nie wou ophou huil nie.

Kortjie het erken dat hy Ashmee-Lee op 19 November 2019 in sy sorg gehad het, omdat hy en die baba se ma nie meer saam was nie.

Hy het ook erken dat hy en Ashmee-Lee omstreeks 09:00 die volgende oggend alleen in sy slaapkamer was toe sy “aanhoudend” gehuil het.

LEES OOK: Pastoor kry 20 jaar tronkstraf na hy jong vrou (19) verkrag

Pa van vier maande oue baba slaan baba met vuis

Kortjie het hard met beide sy hande op die baba se ribbes gedruk terwyl sy op die bed gelê het. Daarna het hy haar aan haar arm geruk wat veroorsaak het dat haar arm gebreek het. Kortjie het daarna twee maal hard met sy vuis op die baba se bors geslaan. Na die voorval het hy na die bure vir hulp gegaan. Die buurman het agtergekom die baba is dood. Kortjie is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis verwelkom. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, sê Kortjie was die pa van die baba en hy was veronderstel om haar te beskerm.

LEES OOK: Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.