OOS-LONDEN. – Nkosinathi Hanabe (37) is deur die Oos-Londen-hooggeregshof tot twee keer lewenslank vir die verkragting en moord van ’n vierjarige dogtertjie gevonnis.
Kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, sê die dogtertjie het in Desember 2019 vermis geraak en die gemeenskap, plaaslike polisie en die polisie se honde-eenheid het onmiddellik ’n soektog begin om haar op te spoor.
LEES OOK: Kimberley-perde glo in kwarantyn weens AHS
Buurman troos ma
“Hanabe was tussen die ondersoekspan en het die dogtertjie se ma getroos. Hy was hulle buurman. Hy het die ondersoekspan bly weglei van waar die dogtertjie se liggaam was.”
’n Snuffelhond het die span na Hanabe se huis gelei, waar die dogtertjie se bloedbevlekte klere sowel as beddegoed gevind is. Hanabe het toe uitgewys waar hy haar liggaam versteek het.
Liggaam in swarksakke toegedraai
Haar lewelose liggaam was in swartsakke toegedraai en in bosse agter ’n verlate huis gevind.
LEES OOK: iPhone wenk van die dag



