KAAPSTAD. – Die Vredenburg-span van Working on Fire is Woensdag strategies op spesifieke plekke geplaas om te monitor dat die Kaapstad-brande nie weer opvlam nie.
Die brand is Sondagoggend om 09:00 gerapporteer en het vir byna vier dae gewoed. Historiese geboue is in die vuur verwoes.
Lees ook: Visserman vang een-uit-twee-miljoen blou kreef
Fundisile Mketeni, hoof- uitvoerende beampte van SANParks, sê die skade kon groter gewees het as dit nie was vir almal wat gehelp het om die brande te bestry nie.
SANParks het gesê ongeveer 600 hektaar van die Tafelberg Nasionale Park is vernietig, maar ‘n volledige verslag van die skade sal later volg.



