Cape Gate Mall – winkels gisteraand geteiken en beroof

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Foschini, American Swiss en Markhams in Cape Gate Mall, Brackenfell, is gisteraand om 18:40 deur vermeende rowers geteiken.

Cape Gate Mall dadelik gesluit

“‘n Saak van roof is geopen vir ondersoek nadat ses verdagtes glo winkels in ‘n winkelsentrum in Brackenfell beroof het,” het sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê. Volgens inligting wat sover ontvang is, het die verdagtes met ‘n hamer en vuurwapen die winkels binnegegaan en die werknemers gedreig en vertoonkaste se glas gebreek.

Verdagtes vlug van toneel

Hulle het na bewering in ‘n swart Nissan Navara (CCD-registrasie) met ‘n onbekende hoeveelheid selfone gevlug. Die polisie volg leidrade op om die oortreders vas te trek. Alle winkels is tydens die voorval gesluit asook die hoofingange van die sentrum.

LEES OOK: Man en vrou los glo baba onder boom naby busstop

LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.