Visserman vang een-uit-twee-miljoen blou kreef

“Dit is baie raar en baie interessant om ‘n blou kreef te sien.”

Visserman vang een-uit-twee-miljoen blou kreef (Foto's: Daily Mail)

Visserman vang een-uit-twee-miljoen blou kreef (Foto's: Daily Mail)

PENZANCE. – Die 25-jarige Tom Lambourn van Newlyn was besig om kreef te vang aan die Cornwall-kus van Penzance toe hy op dié baie rare verskynsel afgekom het.

Die visserman het foto’s van die 30 cm lange kreef geneem voor hy dit weer in die see vrygelaat het omdat dit “te klein was om na die land te bring. As dit groter was, sou ek dit na die National Hatchery geneem het.”

Lees ook: Mike Bolhuis praat oor drie se raaiselagtige dood

Ben Marshall, National Hatchery-opsigter, sê: “Dit is baie raar en baie interessant om ‘n blou kreef te sien. Die visserman het dit teruggegooi omdat dit kleiner is as die minimum toelaatbare lengte wat krewe moet wees om gevang te mag word.”

Foto: Daily Mail

‘n Blou kreef kry sy kleur van ‘n genetiese afwyking wat veroorsaak dat te veel proteïene geproduseer word.

“Blou krewe het ‘n vreemde kleurpigment in sy dop, wat dan beteken dat hulle hulself baie moeiliker kamoefleer. Hulle word dus makliker prooi en daarom is daar so min van hulle.” – Daily Mail

Lees ook: ‘Jy val nie ver as jy klaar op jou knieë is nie’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *