POTCHEFSTROOM – Die streekhof in Klerksdorp het die week die reeksverkragter, Jeremiah Paseka Tatai (30), skuldig bevind vir ‘n reeks verkragtings wat hy tussen 2010 en 2018 gepleeg het.
“Die beskuldigde was onbekend aan al sy slagoffers en dit het gelei tot die sluiting van alle dossiere. Hy was ten alle tye onopspoorbaar,” sê kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder.
Potch-reeksverkragter met nog verkragtings verbind
Dit was eers in 2018 toe Tatai in hegtenis geneem vir ‘n ander verkragtingsaak dat met die hulp van die Forensiese Wetenskapslaboratorium agtergekom is hy kan verbind word met vier sake wat voorheen geregistreer is. DNA-toetse is uitgevoer en Tatai is suksesvol gekoppel aan al vyf gevalle.
LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie
Na die verbintenis gemaak is, is al vier dossiere weer oopgestel vir ondersoek. Die beskuldigde is op al vyf aanklagte van verkragting skuldig bevind en tot twee keer lewenslank gevangenisstraf gevonnis.
Tatai is ‘n verdere 20 jaar gevangenisstraf gevonnis en ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
LEES OOK: Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



