KYK: Ma van 11 skok sosialemediagebruikers met haar hoop wasgoed

Deel hierdie storie / Share this story

KANSAS. – Ons almal het soms wasgoed wat in ‘n bondel êrens in die huis lê. Dié ma van 11 kinders het sosialemediagebruikers geskok toe sy wys hoe ‘n berg wasgoed in hulle gesin lyk.

Britni Church van Kansas, wat swanger is met baba nommer 12, het ‘n reeks video’s op TikTok geplaas wat onthul hoe maklik haar wasgoed buite beheer kan raak.

Church vertel haar man se potspel- (pool) tafel lê vol skoon wasgoed wat opgevou moet word. “Asseblief moet my nie oordeel nie,” het sy in een video gesê.

Die video’s het vele kommentaar op TikTok uitgelok. Baie het gevra waarom sy so lank wag voordat sy begin om die wasgoed op te vou. Sy verduidelik toe aan hulle sy was daagliks twee bondels wasgoed en die ma van 11 kom net nie by die opvou daarvan uit nie

Sy redeneer deur te sê sy het liewer ‘n hoop skoon klere as ‘n hoop vuil klere.

Kyk hier hoe lyk ‘n ma van 11 se wasgoed:

@ourlargefamilylife

Reply to @shell599 step 1: sorting into piles! I wish I was this fast 😅 look at my big belly #ourlargefamilylife #laundrymountain

♬ Get Low – Dillon Francis & DJ Snake

LEES OOK: Kelnerin ontvang R1 400 van bruid na sy sous op skoonma mors

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.