JOHANNESBURG. – ‘n Vrou het haar man gered wat na bewering probeer het om homself te hang nadat hy haar glo verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek het.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die inligting wat sover ontvang is, dui daarop dat die man Sondag 18 April ná 16:00 by hul huis in Eureka Park, Meloding, opgedaag het.
Vrou knip tou om man te help
Volgens Makhele beweer die vrou haar man was dronk. Daar het na bewering ‘n woordewisseing ontstaan. Die man het glo sy vrou aangerand en haar verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek.
Na die voorval het hy ‘n tou geneem en homself glo gehang. Die vrou het daarin geslaag om op te staan en die tou, waaraan hy gehang het, te knip. Sy het daarna die voorval by die polisie gaan aanmeld.
Hy sal dan weer verskyn
“’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer wat later na poging tot moord verander is, is vir verdere ondersoek geopen,” sê Makhele.
Die verdagte het die week in die hof verskyn en is borgtog geweier. Hy sal na verwagting op 7 Mei weer in die Virginia-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Man en vrou los glo baba onder boom naby busstop
LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



