Oom kry lewenslank vir verkragting van niggie

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU. – ’n Man is op 20 April 2021 tot lewenslank tronkstraf in die streekhof op Kathu vir die verkragting van sy sewejarige niggie gevonnis.

LEES OOK: Twee keer lewenslank vir verkragting en moord

Seksueel gereed gemaak

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die oom het sy sewejarige niggie seksueel gereed gemaak deur haar aan pornografiese materiaal voor te stel en haar verskeie kere tussen Augustus 2012 en Junie 2016 te verkrag.

“Die ouers het die kind gekonfronteer nadat hulle vreemde gedrag by haar opgemerk het. Sy het die stilte oor wat met haar gebeur het, verbreek toe sy 11 jaar oud was. Die oom is op 28 Junie 2016 in hegtenis geneem, maar is ongeveer twee jaar later op borgtog vrygelaat.

LEES OOK: Kimberley-perde glo in kwarantyn weens AHS