Lekker aartappelpoffertjies – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Gemaak met romerige aartappels en gebraai tot bros en goudbruin aan die buitekant, hierdie aartappelpoffertjies is smelt-in-jou-mond en sal die treffer van enige partytjie wees. Kinders sal ook daarvan hou om dit in tamatiesous te doop.

LEES OOK: Kimberley-perde glo in kwarantyn weens AHS

Bestanddele:

  • 3 koppies fyngedrukte aartappels
  • 2 eiers
  • 1/3 koppie suurroom (opsioneel ekstra vir opdiening)
  • 1 opgehoopte koppie gerasperde Cheddarkaas
  • 2 eetlepels gerasperde Parmesaan
  • 2 eetlepels gekapte groenuie of pietersielie
  • Sout en swartpeper na smaak

Metode:

1.Verhit die oond tot 200°C.
2. Smeer ’n kolwyntjiepan liggies met botter.
3. Klits die eiers in ’n bak en meng die suurroom by. Roer albei kase en groenuie by. Voeg aartappels by en meng goed.
4. Skep dit in die pan en vul die koppies tot amper vol.
5. Bak 25-35 minute totdat hulle van die sykante van die koppie wegtrek en goudbruin is. Haal dit uit die oond en laat dit vir 5 minute afkoel. Sit voor saam met suurroom.

LEES OOK: Twee keer lewenslank vir verkragting en moord