Leerling in boelie-video doen aansoek om borg

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die 14-jarige leerling wat daarvan aangekla word dat sy ‘n mede-leerling aangerand het, doen Donderdagoggend aansoek om borg in die Thohoyandou-kinderhof in Limpopo.

Die graad 10-leerling staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Lees die vorige berig hier.

Die boelie-slagoffer is ná die beweerde aanranding huis toe en het haarself in haar kamer toegesluit. Toe haar ma haar later kom soek, het sy haar bewusteloos in die kamer gevind en na die hospitaal gejaag, waar sy dood verklaar is. Sy het ‘n oordosis pille geneem.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Lees ook: Visserman vang een-uit-twee-miljoen blou kreef