LIMPOPO. – Die leerling van Limpopo wat Vrydag vlugtig in die hof verskyn het vir die aanranding van ‘n mede-leerling, sal op 20 April weer in die hof verskyn.
Dié saak is uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.
FiND iT het voorheen berig die boelie-voorval is by ‘n spogskool in Limpopo deur ander leerlinge afgeneem en die video is telkemale op Twitter geplaas en gedeel.
Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood
Die boelie-slagoffer het volgens die Limpopo-polisie vermoedelik in haar ouerhuis ‘n oordosis pille geneem en sy is later by die hospitaal dood verklaar. – eNCA



