Rassistiese twiet deur vals dokter lok protes uit

“As rasse-uitbarstings van hierdie aard ongemerk gelaat word, sal ons voortgaan om verdeeldheid en rasse-vyandigheid te saai.”

Die persoon agter die profiel het aan die media bekendgemaak dat sy/hy nie 'n regte dokter is nie en dat die twiet 'n reaksie was op 'n plasing oor 'n swart plaaswerker wat deur 'n wit plaaseienaar doodgemaak is.

Die persoon agter die profiel het aan die media bekendgemaak dat sy/hy nie 'n regte dokter is nie en dat die twiet 'n reaksie was op 'n plasing oor 'n swart plaaswerker wat deur 'n wit plaaseienaar doodgemaak is. (Foto: The South African)

DURBAN. – ‘n Persoon wat hom of haar as ‘n dokter voorgedoen het, is in die sop oor ‘n rassistiese twiet op die persoon se Twitter-profiel. Die twiet lui dat alle dokters moet saamstaan en wit mense met verkeerde inspuitings inspuit om “wraak te neem”.

Volgens The South African is die plasing talle male hertwiet, skermgrepe is geneem en dit is orals op Facebook gedeel. Die plasing is intussen van Twitter verwyder. Die persoon op wie se profiel die plasing gemaak is, het ook die profiel se naam verander vanaf Dr. T J Ntshangase, met die Twitter-handvatsel @Jeffrey17397592 na “Why is Black Lives Cheap compared to Whites”.

Rassistiese twiet glo ‘n reaksie op plaaswerker se dood

Die persoon agter die profiel het aan die media bekendgemaak dat sy/hy nie ‘n regte dokter is nie en dat die twiet ‘n reaksie was op ‘n plasing oor ‘n swart plaaswerker wat glo deur ‘n wit plaaseienaar doodgemaak is.

“Soms praat jy of tree jy op as jy ontsteld is. Ek is steeds teleurgesteld in al die wit mense. Vir net een twiet is dit ‘n groot storie. Iemand slim genoeg sal sien dis ‘n grap. Maar wat ek hier in Suid-Afrika opmerk, is ons lewens is goedkoop, net wit mense se lewens is belangrik.”

FotoL The South African

‘n Saak is oor die rassistiese twiet gemaak

Narendh Ganesh, voorsitter van die Duffs Road Civic Association, het gesê dat hy die twiet by die Greenwood Park-polisiekantoor aangemeld het. Hy is aangeraai om die saak na die gelykheidshof te neem.

Ganesh sê hy het ‘n saak gemaak omdat hy gekant teen rassehaat is en omdat die twiet onnodige vrees oor die inenting teen Covid-19 aanblaas. Hy sê hy sal ook die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA nader rakende die aangeleentheid, aangesien die persoon beweer het hy/sy is ‘n dokter.

“As jy die Penny Sparrow-saak in ag neem, is dit net die ander kant van die munt. Almal wou haar nek hê. Dit gaan daaroor om nie rassehaat te veroorsaak nie,” het hy gesê.

Ons moet ‘n nie-rassige samelewing wees

“My vaderlandse plig is om te verseker dat SA ‘n beter plek is vir almal, minus die rassehaat en verdeeldheid. Ons is veronderstel om grondwetlik ‘n nie-rassige samelewing te wees. Ons is Suid-Afrikaners. Ongeag wat ons kleur is, dit moet nie saak maak nie. Wanneer mense sulke menings uiter, hits hulle haat en vyandigheid teen, blankes, swartes, Indiërs en kleurlinge aan,” het hy gesê.

“As rasse-uitbarstings van hierdie aard ongemerk gelaat word, sal ons voortgaan om verdeeldheid en rasse-vyandigheid te saai. Geen regdenkende Suid-Afrikaner mag dit verdra of aanvaar nie, ongeag van wie sulke kommentaar mag kom,” het Ganesh gesê.

Lees ook: Dolly Parton: ‘Ek’s oud genoeg en slim genoeg om dit te neem’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: