Kby-gemeenskap begin aanlyn petisie oor infrastruktuur

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Kimberley-gemeenskap het ‘n aanlyn petisie begin waarin hulle onder andere vereis dat die weermag of Openbare Werke ingespan word om die waterkrisis in die dorp op te los.

Die petisie is teen Saterdagoggend al op verskeie plekke op sosiale media beskikbaar.

Nog een van die vereistes op die petisie is dat ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester en die burgemeesterskomitee uitgereik word en dat hulle vervang word.

Lees ook: Cooling Solutions vul self donga

Verder eis die petisie dat die kontrak van die uitvoerende direkteur van infrastruktuur sal eindig, “aangesien dit onder sy direktoraatskap is dat die infrastruktuur inmekaarval”.

Dan vereis die gemeenskap ook dat mnr. P Sithole wat waarneem by Infrastruktuur weggeneem sal word en ‘n amptenaar met die “nodige kwalifikasies” in sy plek aangestel sal word.

As jy die petisie wil teken, klik hier.