Cooling Solutions vul self donga

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Cooling Solutions in Kimberley het besluit genoeg is genoeg met die donga in Waterwerke-straat.

“Dit beskadig ons en almal wat daardeur moet ry, se bakkies en voertuie, sê Francois du Toit van Cooling Solutions oor dié gat. “Dit is ook ‘n groot gevaar, want karre stop dood of ry baie stadig daardeur en dis onverwags vir motoriste agter hulle, wat dan botsings kan veroorsaak.”

Lees ook: Ma borsvoed dogter tot op nege jaar

“Daarom het Cooling Solutions besluit om die onbevoegte ‘mislike paliteit’ te help en net die sloot ten minste met grond te vul.”

Verder sê Du Toit dat hulle wel vertrou dat Sol Plaatje-munisipaliteit die sloot permanent sal herstel.

Lees ook: Avokadobroodjie – Resep