August 4, 2021

Ma borsvoed dogter tot op nege jaar

Dit het vir haar oor sekuriteit en vertroosting gegaan.

Ma borsvoed dogter tot op nege jaar (Foto: Daily Mail)

Ma borsvoed dogter tot op nege jaar (Foto: Daily Mail)

BRITTANJE. – ‘n Britse ma het in 2018 aan die wêreld bekendgemaak dat sy haar dogter tot op die ouderdom van nege jaar geborsvoed het.

Sharon Spink, ‘n ma van vier, het volgehou dat dit normaal is om haar dogter, Charlotte, tot nege jaar oud te borsvoed en dat hulle daardeur ‘n lewenslange verbintenis met mekaar gevorm het.

Dogter het self besluit

Sy het gesê dat alhoewel sy vir byna ‘n dekade geborsvoed het, sy bly is dat haat dogter self besluit het om op te hou.

Lees ook: Avokadobroodjie – Resep

Charlotte is volgens Spink baie min siek as gevolg van die voordele wat borsmelk vir haar gesondheid inhou.

Negatiewe kommentaar

Ten spyte van die negatiewe kommentaar wat haar van kindermishandeling beskuldig, wat Spink gekry het, wil sy die stigma oor ma’s wat ouer kinders borsvoed, breek.

Charlotte het aanvanklik vir haar ma gesê dat sy sou stop wanneer sy 10 jaar oud word, maar het voor dié tyd haarself gespeen.

So lank as wat sy wil

“Toe het sy vroeër as 10 jaar besluit om op te hou, maar ek sou haar toelaat om te borsvoed vir so lank as wat sy wil.”

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

Volgens Spink het dit vir Charlotte gegaan oor hoe veilig sy voel. “Dit het vir haar gegaan oor sekuriteit. Kinders vind vertroosting in die bors en vir ouer kinders gaan dit meer oor die vertroosting as oor voeding.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *