Na wat verneem word, is Meghan Markle “bereid om te vergewe en vorentoe te beweeg.” Sy hoop prins Harry kan “sy verhouding met sy broer en sy pa herstel.”
Prins Harry is tans vir die eerste keer in ’n jaar terug in Engeland vir die begrafnis van sy oupa, prins Philip, terwyl die hertogin van Sussex, Meghan Markle, wat swanger is met die paartjie se tweede kind, in Kalifornië agtergebly het. Haar dokter het voorgestel dit is nie tans veilig vir haar om te reis nie.
LEES OOK: Suid-Afrikaner wen Mej. Eko-internasionaal 2020-’21
Wil Harry ondersteun
Vriende van die hertogin het aan Daily Mail verduidelik sy wil egter ook nie aandag op haar gevestig hê nie. Meghan het glo gesê dat haar grootste bekommernis tans is om Harry te ondersteun.
Familie moet saamstaan
“Familie moet in hierdie moeilike tyd hulle verskille opsyskuif en as een bymekaarstaan.” Sy het glo gesê dit is wat prins Philip sou wou hê en dat sy bereid is om te vergewe en vorentoe te beweeg.
LEES OOK:



