KIMBERLEY. – Daar is ‘n waterlek en ‘n groot gat in die pad in Mainstraat in Kimberley.
Kimberley-inwoners is bekommerd omdat die gat ‘n gevaar vir motoriste en verbygangers inhou. Geen waarskuwing is opgesit nie en volgens inwoners is dit nog gevaarliker omdat die straatligte nie snags in dié gebied brand nie.
Lees ook: Cooling Solutions vul self donga
Die waterlek en gat is al vir byna ses maande ‘n probleem.
“Daar stroom duisende en duisende liters water in die pad weg en dit is gevaarlik vir karre wat daar ry. Aankomende verkeer probeer altyd daardie hoek vermy en dit kan ’n ongeluk veroorsaak,” sê Brian Dohethy, inwoner van Kimberley.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, het vroeër gesê die munisipaliteit is bewus van die probleem en dat die betrokke amptenaar die probleem sal oplos.



