24 Jaar vir kleinseun wat ouma en oom vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Sive Dubula (25) is op Donderdag 22 April 2021 deur die Bhisho-hooggeregshof tot 24 jaar tronkstraf vir die moord van sy ouma en oom gevonnis.

LEES OOK: Maklike skoonmaakwenke vir ’n sprankelende huis

Altesaam 24 jaar uitdien

Kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, sê Dubula is tot 24 jaar vir die moord op sy ouma, 24 jaar vir die moord op sy oom, 20 vir die verkragting van sy ouma en ’n maand vir diefstal gevonnis, maar die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Dubula het op 9 September 2020 sy ouma verkrag en beide sy ouma en sy oom in hulle huis in Mdantsane vermoor.

LEES OOK: Google-wenke vir die dag