Tamatiepryse binnekort goedkoper na SA ‘n tekort ondervind

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Tamaties het skielik dié jaar duurder geword na erge reënval en oorstromings in dele van Suid-Afrika ‘n tekort aan tamaties veroorsaak het.

Tamatiepryse het verdubbel en verbruikers moes R20 ‘n kilogram betaal as hulle dié vrug wou koop. Daar word verwag dat die prys van tamaties in die volgende maand sal daal.

Tamatiepryse volgende maand weer “normaal”

Reuters berig in Januarie vanjaar het die tropiese storm, Eloise, Suid-Afrika en sy buurlande getref, wat erge reënval veroorsaak het. Dit het tot ernstige oorstromings gelei. Die reën het sekere gewasse, soos tamaties, negatief beïnvloed.

Produksievolumes het sedert die storm verbeter en tamatiepryse kan weer stabiliseer.

LEES OOK: Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus