Man gevonnis vir verkragting op Port Nolloth

Sy naam is ook opgeneem in die register vir seksoortreders.

Man gevonnis vir verkragting op Port Nolloth

Man gevonnis vir verkragting op Port Nolloth Foto: Getaway Magazine

PORT NOLLOTH. – ’n Man (26) is op Vrydag 23 April 2021 deur die streekhof op Port Nolloth tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld vir die verkragting van sy 14-jarige niggie beken het.

LEES OOK: 24 Jaar vir kleinseun wat ouma en oom vermoor

Gewelddadig verkrag

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê  op 2 Oktober 2020 het die slagoffer saam met vriende, sowel as haar neef, by die munisipale stortingsterrein gaan skrootmetaal versamel toe die neef haar agter die duin ingeneem het en gewelddadig verkrag het.

“Die beskuldigde is dieselfde dag in hegtenis geneem en borgtog geweier.”

LEES OOK: 10 Jaar tronkstraf vir ontvoering

Skuld beken

Op Vrydag 23 April 2021 het die beskuldigde skuld beken op ‘n aanklag van verkragting en ‘n pleitooreenkoms met die hof aangegaan. Hy is gevonnis tot effektiewe gevangenisstraf van 15 jaar. Sy naam is ook opgeneem in die register vir seksoortreders en hy is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te dra en met kinders te werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: