Minibustaxi tref kind (10) voor skool

Deel hierdie storie / Share this story

TONGAAT. – ‘n Kind, ongeveer 10 jaar oud, is vanoggend deur ‘n minibustaxi getref en op die toneel dood verklaar.

IPSS Medical Rescue berig in ‘n verklaring toe hulle op die toneel aankom, het hulle agtergekom die minibustaxi het van die toneel af weggejaag.

Resussitasie en lewensondersteunende behandeling is op die kind toegepas. Paramedici het lank tevergeefs probeer om die kind se lewe te red. Die kind is op die toneel dood verklaar.

https://www.facebook.com/Ipssmedical/posts/5491736800901575

LEES OOK: Pasgebore baba se ontbinde liggaam verlate gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.