GQEBERHA (PORT-ELIZABETH). – Die polisie het op vals parfuum met ‘n geskatte waarde van R1, 2 miljoen in ‘n winkel in Noordstraat in North End beslag gelê.
Kol. Christopher Zondi het omstreeks 09:30 inligting ontvang van vervalste parfuum wat in die winkel verkoop word. Die inligting wat ontvang is, dadelik opgevolg.
Polisie lê beslag op 751 eenhede
Die polisie het die winkel deursoek en daar is beslag gelê op 751 eenhede damesparfuum.
‘n Waarskuwing vir die oortreding van patentwette deur verhandeling van vervalste goedere is aan die eienaar van die winkel uitgereik. Die goedere is aan die geregistreerde patentadvokate oorhandig vir opberging by ‘n gelisensieerde pakhuis.
LEES OOK: Verdagte vas na meisie (8) twee maande gelede vermoor is
LEES OOK: Boer (50) glo deur drie mans in sy slaap aangeval, gesteek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



