DURBAN. – ‘n 31-jarige man het ligte beserings opgedoen toe die minibustaxi, waarvan hy die bestuurder was, in ‘n botsing betrokke was.
Om 13H27 Saterdagmiddag is Netcare 911 na ‘n ongelukstoneel in Chris Hani-weg in Parkhill Durban-Noord ontbied. Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê: “Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die minibustaxi, wat teen ‘n hoë spoed gery het, beheer verloor het en teen ‘n motor, ‘n muur, ‘n ligpaal en ‘n veiligheidsversperring gebots het..”
Die bestuurder van die taxi is op die toneel behandel voordat hy per ambulans na die hospitaal vervoer is vir verdere sorg.
LEES OOK: Verdagte vas na meisie (8) twee maande gelede vermoor is
EES OOK: Boer (50) glo deur drie mans in sy slaap aangeval, gesteek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



