OOS-KAAP. – ‘n Speurder van Cambridge het ‘n verdagte vandag in hegtenis geneem na ‘n 8-jarige meisie twee maande gelede in die informele nedersetting Dorchester Heights vermoor is.
“Daar word beweer dat ‘n inwoner ‘n ontbinde, halfkaal liggaam in sy tuin ontdek het wat met ‘n kombers bedek was,” sê kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder.
Verdagte verskyn dan in hof
Die speurder, sers. Bulelani Mgubo, het sedertdien met sy ondersoek begin en inligting deur bronne versamel. Hy het die verdagte in hegtenis geneem met die hulp van die polisie.
“Die omstandighede rondom die voorval en die motief vir die moord vorm deel van die ondersoek.”
Die 39-jarige verdagte moet binnekort op aanklag van moord in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.
LEES OOK: Boer (50) glo deur drie mans in sy slaap aangeval, gesteek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



