KEMPTONPARK. – ‘n Liggaam van ‘n pasgebore babaseuntjie is vanoggend (Sondagoggend) op die hoek van Voortrekkerweg en Pinelaan in Kemptonpark gevind.
ER24 berig paramedici het kort na 11:00 op die toneel opgedaag en ‘n baba in ‘n plastieksak gevind. Die baba het geen tekens van lewe getoon nie en is hy op die toneel deur paramedici dood verklaar.
‘n Lid van die gemeenskap het glo op die baba afgekom en die polisie ontbied. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.
LEES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



