Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Boer Johan Uys (64), wat aan die tiende seisoen van Boer Soek ‘n Vrou deelgeneem het, is Saterdagoggend aan Covid-19 oorlede.

Die realiteitsprogram het vandag die nuus op hulle Facebook-blad gedeel. Boer Johan het in 2017 aan die program deelgeneem en het baie kommentaar op sosiale media uitgelok. Hy het op Carolina in Mpumalanga gebly.

Daar word nie bekendgemaak wanneer hy die virus opgedoen het nie, maar hy was vir ‘n geruime tyd in ‘n hospitaal opgeneem.

Boer Johan laat sy eks-vrou, kinders en kleinkinders agter.

https://www.facebook.com/boersoeknvrou/posts/10157954702443045

LEES OOK: KYK: Polisiebeampte glo met klip gegooi tydens protesaksie

LEES OOK: Verkeersbeampte skiet glo eers vriendin, rig vuurwapen op homself

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.