September 27, 2021

Verkeersbeampte skiet glo eers vriendin, rig vuurwapen op homself

Hulle het die liggaam van ‘n vrou langs die motor gevind en die liggaam van die beampte in die motor.

Verkeersbeampte skiet glo eers vriendin voor hy vuurwapen op homself rig

Verkeersbeampte skiet glo eers vriendin voor hy vuurwapen op homself rig Foto: Verskaf, SAPS

LIMPOPO. – ‘n Verkeersbeampte (45) van die Bela-Bela-munisipaliteit het na bewering Dinsdag sy 30-jarige vriendin met sy dienspistool doodgeskiet voordat hy homself geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê ‘n verbygaande motoris wat langs die voertuig stilgehou het, het gedink die vrou wat op die grond lê, was dalk in ‘n ongeluk betrokke. “Toe die motoris die toneel nader, het hy glo gesien die beampte wat in die voertuig sit, het homself doodgeskiet.”

Verkeersbeampte in motor gevind

Die beampte was ten tye van die voorval aan diens. Die polisie is dadelik ontbied. Hulle het die liggaam van ‘n vrou langs die motor gevind en die liggaam van die beampte in die motor.

Mojapelo sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Ondersoeke duur voort.

LEES OOK: Ma vermoor glo haar drie kinders om hulle ‘te beskerm’

EES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *