Het jy hoogtevrees? Sal jy 65 meter ver na onder kan klim wanneer ’n pretrit tot stilstand kom? Dit is presies wat gebeur het toe The Big One by Blackpool Pleasure Beach in die Verenigde Koninkryk onlangs gaan staan het.
LEES OOK: Ken jy die tekens van depressie?
Die skrikwekkende video’s wys hoe mense bo in die karretjie, waar dit op ’n steil afdraand vashaak, sit, voordat hulle versigtig met die trappe afklim terwyl hulle aan die relings vashou.
’n Vermeende meganiese fout het veroorsaak dat werknemers gedwing was om die rit te stop sodat besoekers veilig kon afklim.
Toe The Big One – ook bekend as The Pepsi Max – in 1994 vir die eerste keer geopen het, was dit destyds die hoogste en steilste rit in die wêreld.
LEES OOK: Polisie soek vermiste man
Kyk hier na die video’s:



