Polisie soek vermiste man

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Die polisie op Hebron versoek die gemeenskap se hulp om William Stanley Makgale (57) op te spoor.

Makgale het op Saterdag 24 April 2021 in die Morolong-omgewing op Kgabalatsane naby Hebron vermis geraak.

LEES OOK: Bendelid kry 33 jaar tronkstraf vir moord op omstander

Op pad na snoepwinkel

Hy is laas omstreeks 09:00 deur sy neef gesien toe hy na ’n nabygeleë snoepwinkel gegaan het. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.

Ten tyde van sy verdwyning het Makgale ’n swart baadjie, swart broek en tekkies aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar Makgale homself bevind, kan sers. Rodney Thathane by 082 338 5747 skakel.

LEES OOK: Twee keer lewenslank vir familiemoord