OOS-KAAP. – Granwill Bailey (25) is vandag tot 33 jaar tronkstraf vir die moord op Mirlene Natasha Mileen gevonnis.
Hy is 17 vir moord, ses jaar vir poging tot moord, sewe jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie opgelê.
LEES OOK: Man gevonnis vir verkragting op Port Nolloth
Onderonsie lei tot skietgeveg
Anelisa Ngcakani, streekswoordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê gedurende die oggend van 5 Januarie 2020 het LeRoy Scholtz en Bailey ’n onderonsie in Arcadia, Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gehad. Bailey het Scholtz beskuldig daarvan dat hy deel was van die bende wat sy vriend die vorige dag geskiet het. Scholtz was ontsteld oor hierdie beskuldigings.
Later dieselfde dag het Scholtz na Bailey gaan soek om voort te gaan met die argument. Toe die twee mekaar konfronteer, het Bailey ’n vuurwapen uitgepluk en op Scholtz geskiet.
Wilson, ’n onskuldige omstander, het in die kruisvuur beland en is in sy kop getref. Hy is onmiddellik dood. Bailey is vier dae later in Arcadia in hegtenis geneem.
LEES OOK: 10 Jaar tronkstraf vir ontvoering



