Twee keer lewenslank vir familiemoord

Twee keer lewenslank vir familiemoord

Twee keer lewenslank vir familiemoord

KWAZULU-NATAL. – Muzi Sam Radebe is deur die streekhof in Verulam tot twee keer lewenslange tronkstraf vir die moord op Nombuso Dube (30) en haar ma, Thokozile Dube (73), gevonnis.

Natasha Kara, streekswoordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika, sê Radebe het vir Dube na ’n argument gevra om uit die paar se huis te trek. Sy het by haar suster gaan woon.

LEES OOK: Polisie soek man in verband met moordsaak

Wou opmaak

“Op die dag van die voorval het Radebe by Dube se suster se huis opgedaag en gevra om met Dube te praat. Hy het ’n rugsak met ’n vuurwapen en ammunisie gehad. Hy wou glo hê sy moet na hom toe terugkeer, maar toe sy weier, het hy haar verskeie kere in die bolyf geskiet.”

Skiet albei vroue

Dube se ma het ingestorm toe Dube om hulp roep en Radebe het haar ook geskiet. Albei vroue is in die kop, nek en bors geskiet. Nadat albei vroue op die vloer geval het, het Radebe die rondes in hul liggame leeggemaak.

Hy het van die toneel gevlug en homself drie dae later saam met sy prokureur aan die polisie oorhandig.

Radebe het aangevoer hy het die vroue uit selfverdediging geskiet, maar dit is in die hof as onwaar bewys.

LEES OOK: Oom kry lewenslank vir verkragting van niggie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *