September 24, 2021

Polisie soek man in verband met moordsaak

“Die verdagte het na bewering van die toneel gevlug en haar in ’n plas bloed gelos.”

Polisie soek man in verband met moordsaak

Polisie soek man in verband met moordsaak Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die polisie versoek die gemeenskap se hulp om Fernando Mathosi (21) op te spoor. Hy is ‘n moontlike verdagte in die polisie se ondersoek na die moord op sy vriendin (35) wat op 19 April 2021 in Witbank doodgesteek is.

LEES OOK: Oom kry lewenslank vir verkragting van niggie

Struweling breek glo uit

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het glo by sy vriendin gekuier toe ’n struweling tussen die twee uitgebreek het. “Die slagoffer is verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek. Sy het dadelik aan haar wonde beswyk en die verdagte het na bewering van die toneel gevlug en haar in ’n plas bloed gelos.”

Enigeen met inligting wat die polisie kan help om Mathosi op te spoor, kan konst. Elias Patel by 072 25 1395 skakel.

LEES OOK: Twee keer lewenslank vir verkragting en moord

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *