NOORD-KAAP. – Daar het ‘n brand 10 km buite Kimberley op die Douglas-pad uitgebreek en het so pas na Daan Liversage versprei.
Hulle is op soek na enigiemand om te gaan help. Ry 10 km uit op die Douglas-pad, draai regs in by Marrick Safaris. Hou reguit aan, daar sal mense aanwysings gee.
Indien jy hulp kan verleen, skakel Tiaan Swanepoel by 83 382 1027 of sluit hier aan by die Whatsapp-groep.
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



