OOS-KAAP. – Mfuneko Mankengana (24), ‘n student aan die Walter Sisulu-universiteit wat glo tydens ‘n betoging ‘n Nyala aan die brand gesteek het, moet tot 28 April in aanhouding bly nadat hy vlugtig in die landdroshof op Mthatha verskyn het.
“Hy staan tereg op aanklag van skade aan infrastruktuur, openbare geweld, kwaadwillige saakbeskadiging en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer,” sê Luxolo Tyali, die streekshof se woordvoereder.
Mankengana is op 20 April in hegtenis geneem ná ‘n gewelddadige betoging Maandag naby die universiteit in Nelson Mandela Drive.
Nyala het beamptes binne-in gehad
Die student het na bewering deel uitgemaak van ‘n groep studentebetogers wat glo lede van die polisie aangeval het en ‘n polisievoertuig, Nyala, met twee polisiebeamptes binne-in, aan die brand gesteek het.
Die aanklaer het tydens die kort hofverskyning aansoek gedoen dat die saak uitgestel word vir Mankengana se profilering en verifiëring van sy adres.
Uitstel is deur die hof toegestaan en die student se formele borgtogaansoek sal na verwagting ook volgende week aangehoor word. Borgtog sal deur die staat teengestaan word.
LEES OOK: Vrou red man na hy haar glo met skerp voorwerp steek en homself hang
LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



