Brand 10 km buite Kimberley, onder beheer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die brand wat vroeër vanaand 10 km buite Kimberley op die Douglas-pad uitgebreek het, is onder beheer.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê hy het met mense op die toneel gepraat en die brand is redelik onder beheer. “Daar is niks om verder oor bekommerd te wees nie. Indien dit versprei of erger raak, sal die gemeenskap weer in kennis gestel word.”

LEES OOK: Brand woed 10 km uit op Douglas-pad, hulp word gesoek

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.